Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 24 Maart 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:

BETALING VAN AMATEURRADIOLISENSIEGELDE

HET JY VIR DIE SARL SE NASIONALE KONVENSIE BESPREEK?

INTERNASIONALE MUSEUMDAGNAWEEK REGISTRASIE OPEN

PB33BQ OM DIE VERANDERING VAN KONINKLIKES IN NEDERLAND TE VIER

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

BETALING VAN AMATEURRADIOLISENSIEGELDE

OKOSA is tans besig met die pos van fakture vir die 2013 lisensie. Jy hoef net te betaal wanneer jy die faktuur ontvang. As jy besluit om te betaal voor die ontvangs van die faktuur, moet jy seker maak dat jou lisensienommer in die betalingsadvies verskyn. Versuim om dit te doen sal beteken dat jou betaling nie in jou rekening gekrediteer word nie.

HET JY VIR DIE SARL SE NASIONALE KONVENSIE BESPREEK?

Tyd raak min vir die bespreking van u bywoning by die SARL se Nasionale Konvensie wat aangebied word deur die Wes-Rand Amateurradioklub op 26 en 27 April 2013. Moenie uitstel nie. Kry besonderhede op www.sarl.org.za.

Van Maandag af kan die AJV-dokumente sowel as 'n volmagvorm verkrygbaar wees. Besonderhede sal op die SARL-tuisblad wees.

Bespreek ook vir die jaarlikse dinee op Saterdagaand 27 April en luister na 'n boeiende verhaal deur die gasspreker, dr Antony Turton, ZS6CST. Jou bespreking sluit 'n gratis gelukkige nommer in vir die trekking vir een van talle pryse, insluitend 'n IC-V82 twee meter handstel asook twee dubbele doel 2m/70cm antennas geborg deur Radio Data Modems en Toebehore.

U word ook herinner dat die besoek aan SANSA by Hartbeeshoek aardstasie beperk is tot 45 persone. Bespreek nou om teleurstelling te voorkom. Wanneer jy bespreek, maak verseker dat jou ID-nommer ingedien word.

Bywoning by die AJV is gratis, maar jy word nog steeds versoek om die registrasievorm te voltooi en dit so gou as moontlik aan te stuur. Dit is benodig vir die spysenieringdoeleindes en te verseker dat die plek opstel word vir u gerief.

INTERNASIONALE MUSEUMDAGNAWEEK REGISTRASIE OPEN

Die Internasionale Museumdag spesiale naweke gebeurtenis sal plaasvind op die naweke van 15de en 16de Junie sowel as die 22ste en 23ste Junie. Amateurs węreldwyd word aangemoedig om deel te neem deur die opstel van stasies in die plaaslike museums in hul gebied.

Die geleentheidsorganiseerder, Harry Bloomfield, M1BYT, het gevra dat almal wat van voorneme is om deel te neem hul museum registreer op die web vorm op die Internasionale Museumdag Weekend webwerf. Dit is op internet by www.ukradioamateur.co.uk / IMW.

WęRELDAMATEURRADIODAGVIERING BY DIE NARS

Die SARL sal amateurradio se eeu van betrokkenheid met rampkommunikasie op Węreldamateurradiodag 18 April 2013 by die Nasionale Amateurradiosentrum vier. Die roepsein ZS9DCC - Disaster Communication Century sal die dag vanaf die NARS bedien word. Spesiale gaste en die media sal genooi word na 'n inligtingsessie vanaf 12:00, met aanbiedings oor amateurradio se betrokkenheid by rampkommunikasie en hoe amateurradio sport en ander gebeurtenisse met kommunikasie ondersteun.

Operateurs is nodig vir die spesiale geleentheidstasie wat van vroeg in werking sal wees, vanaf die oggend tot die bande saans toemaak. Vrywilligers word uitgenooi om SARL se visepresident Geoff Levey, ZS6GRL, te kontak om hul deelname te skeduleer. Twee radioamateurs word vir elke tydgleuf vereis. E-pos Geoff na contest@sarl.org.za of skakel hom op 082 546 5546.

Op 18 April, maak 'n kontak met ZS9DCC om ‘n spesiale herdenking-QSL-kaart van ZS9DCC te ontvang.

Neem 'n dag se verlof, stel jou klubstasie op in 'n openbare plek en demonstreer amateurradio as 'n nasionale hulpbron vir die land en hoe radioamateurs hul gemeenskappe ondersteun met kommunikasie wanneer alle ander metodes faal. Dit is die moeite werd om 'n dag se verlof te neem om jou stokperdjie te ondersteun.

PB33BQ OM DIE VERANDERING VAN KONINKLIKES IN NEDERLAND TE VIER

Ter viering van die Nederlandse Koningin Beatrix met die oorhandiging van die troon aan haar oudste seun, Prins Willem Alexander, sal Nederlandse radioamateur, Jaap Van Duin, PA7DA, op die lug kom met die spesiale roepsein PB33Q vanaf 20 April tot 1 Mei.

Die PB33BQ-roepsein dui Prinses Beatrix se 33 jaar as Koningin aan en herdenk die meer as drie dekades sedert sy die troon van haar moeder, Koningin Juliana, oorgeneem het. Dit het op 30 April 1980 plaasgevind.

Vir meer inligting oor hierdie baie spesiale viering hou 'n oog op pa7da.jouwweb.nl/pb33q. QSL PB33Q slegs via die buro.

LIDMAATSKAPAANSOEKE

Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs ontvang:
Dr Lennart Nell, ZS6ALL
Anton Oosthuizen, ZSL1063
Wynand Cronjé, ZSL1064
Willem Pistorius, ZSL1065
Sidney Freedman, ZSL 1066
Jacobus de Kock, ZSL1067

Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

VOLGENDE RAE

Die tyd vir die volgende RAE kom nader en die wiele is aan die rol. Meeste van die klubs wat in die verlede 'n eksamensentrum bedryf het, het hulle sentrumregistrasie hernu. Wat is die voorwaardes vir 'n eksamensentrum? Die klub moet geaffilieer wees by die SARL, alle toesighouers en helpers moet opbetaalde lede van die SARL wees. Elke eksamensentrum moet ook seker maak dat daar ten minste twee geregistreerde assessore is wat die HF-assessering kan doen. Vir die volle voorwaardes besoek die webblad van die SARL. (www.sarl.org.za/public/licences/rae_admin.asp).

Die kandidate moet seker maak dat hulle die vorms lees en elke instruksie noukeurig uitvoer, veral wat betref die drie voorkeurroepseine. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 11 April 2013 en die HF-assesseringvorms kan saam met die eksamenantwoordstelle ingestuur word.

Kandidate wat die RAE slaag kry gratis lidmaatskap (komplimentęre) lidmaatskap van die SARL tot einde Junie 2014.

KOMPETISIENUUS

Vir die SARL se digitale kompetisie gehou op 24 Februarie is 8 logstate ontvang waaronder een DX-log van VU2UR. Volgens die logstate was daar 32 stasie aktief. Die uitslae is:

1ste – Jaco le Roux, ZS6PX - 630 punte
2de - ZS2CR, Colette Rundle, - 528 punte
3de - ZS2J, Derek Stuart, - 450 punte

Uitslae van die Hamnet noodkompetisie gehou op 3 Maart 2013:

Kategorie A, Enkeloperateur, Stilstaande, Mobiel.

ZS5J, John Kramer 1 890 punte
ZS6ADY, Andy Cairns 1 332 punte

Kategorie B, Enkeloperateur, Draagbaar.

ZR6LJK, Christo Kriek 1 449 punte
ZS2U, Al Akers 1 098 punte
ZS6WBT, Wilhelm Taljaard 480 punte
ZS6BNE, Eddie Leighton 72 punte

Kategorie C, Multi-operateur, Draagbaar.

ZS5HAC, Hibiscuskus Amateurklub 1 500 punte

Kategorie D, Enkeloperateur, Basisstasie.

ZS5PO, Jo Snyders 2 352 punte
ZS6RHL, Hendrik Rudman 1 995 punte
ZS4DZ, Johannes van Zijl 1 764 punte
ZR6NGB, Nigel Burgess 1 204 punte
ZU6FR, François Reyneke 1 185 punte
ZS2DK, Mitch Rundle 1 104 punte
ZS2J, Derek Stuart 1 026 punte
ZS6APT, Pam Momberg 980 punte
ZS6YE, Heather Holland 222 punte
ZS5R, Gawie Hoon 72 punte

Veels geluk aan die wenners in elke kompetisie en dankie aan al die deelnemers en ook wat logstate ingestuur het.

KLUBNUUS

'n Spesiale Algemene Vergadering van die Oos-Rand Amateurradioklub sal vir alle volopbetaalde lede van die klub gehou word om 15:00 op Saterdag 6 April 2013 by die klubhuis te Ebenezerstraat, Arrowe Park, Benoni. Alle volopbetaalde lede moet poog om dit by te woon aangesien dit 'n baie belangrike vergadering sal wees en die wens is dat almal teenwoordig sal wees.

Hierdie berig is ontvang van Elize Findt, ZS6ECF, sekretaris van die Oos-Rand klub van die SARL met kontakbesonderhede:
Tel: 073 490 6642 / 082 378 3062
Faks: 086 653 3990
e-pos: zs6erb@gmail.com
url: www.zs6erb.co.za.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak nog steeds laag gaan wees. Daar is ook 'n moontlikheid van M-klas fakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 45.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees. 10 m openinge gaan smiddae oor dagligpaaie voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
20 tot 26 Maart – Voortrekkerkampstasie ZS6VTS op die lug.
30 Maart - Wes-Rand Amateurradioklub se snuffelmark beginnende om 12:00. Vir meer inligting skakel Phillip, ZS6PVT, by 083 267 3835, of Geoff ZS6GRL 082 546 5546.
18 April – Węreldamateurradiodag en ZS9DCC op die lug; operateurs benodig, e-pos Geoff na contest@sarl.org.za of skakel hom by 082 546 5546.
20 April-20 Mei – Herdenkingstasie PB33BQ op die lug, besoek pa7da.jouwweb.nl/pb33q vir meer inligting.
26-27 April – SARL Nasionale Konvensie, registreer nou, besonderhede verkrygbaar van on www.sarl.org.za.
15/16 Junie – Eerste naweek van die Internasionale Museumnaweke se geleentheidsnaweke, registreer jou museumsatasie by www.ukradioamateur.co.uk/imw.
22/23 Junie – Tweede naweek van die Internasionale Museumnaweke se geleentheidsnaweke.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na “Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n podcast deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op “Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web’. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Ontvangsrapporte sal waardeer word. Ons is in die besonder geďnteresseerd in verslae oor ontvangs op 4 895 kHz aangesien dit naby aan die voorgestelde nuwe amateurtoekenning van 5 MHz is. Ontvangsverslae uit alle gebiede van Suid-Afrika sal waardevol wees vir ons aansoek aan OKOSA vir frekwensiestudies. Stuur verslae aan artoday@sarl.org.za.

Sentech voorsien die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, met vertalings deur Louis de Bruin, ZS5LP en saamgestel en geredigeer deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003